Thoughts as to the Location of Ideology within the Sphere of “Belief Systems”

Authors

  • P. G. Schoeman

Abstract

In die literatuur word daar veelal op onkritiese wyse na ideologie verwys as diepste dryfkrag onderliggend aan menslike aspirasies, begeertes en handelinge. Die vraag is egter of dit waarlik die mees fundamentele dryfkrag in die denke en optrede van mense en gemeenskappe verteenwoordig, en of daar nie moontlik ’n dieper, regulatiewe dimensie bestaan wat bepalend inwerk ook op die karakter en rigting van ideologieë nie. In die tradisie van die reformatoriese wysbegeerte waar deurgaans erns gemaak word met die stand van sake dat ’n verskeidenheid van voorof bo-teoretiese motiewe inwerk op menslike denke en gedrag, word die moontlikheid ondersoek dat ideologie veel eerder ’n integrale deel uitmaak van ’n ingewikkelde meta-dimensie wat die handelinge van mense en gemeenskappe grondliggend bepaal.

Published

2004-06-30

How to Cite

Schoeman, P. G. (2004). Thoughts as to the Location of Ideology within the Sphere of “Belief Systems”. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 40(3 - 4), 171-197. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/36

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>