Assessment of Key Features and Major Ploys of Ideology

Authors

  • P. G. Schoeman

Abstract

Sedert die Verligting van die Agtiende eeu is daar ’n neiging om die term ideologie op arbitrêre en kontroversiële wyse in uiteenlopende (positiewe, sowel as negatiewe) konnotasies aan te wend. Om hierdie rede bestaan daar veel onsekerheid aangaande die ware aard en reikwydte daarvan. Veral die verruiming van die begrip ideologie, waardeur ook ’n positiewe betekenis daaraan toegeken is, sou uiteindelik die oorspronklik negatiewe sin daarvan ernstig ondermyn. Dit blyk dat ideologie – streng gesproke – slegs in ’n negatiewe konnotasie gebruik behoort te word. Ten einde die fundamenteel negatiewe aard van ideologie, asook die skadelike invloed daarvan in die lewe van sowel persone as gemeenskappe te belig, word die opvattings aangaande ideologie van drie eietydse deskundiges, naamlik Boudon, Salamun en Thompson aan die orde gestel.

Published

2004-06-30

How to Cite

Schoeman, P. G. (2004). Assessment of Key Features and Major Ploys of Ideology. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 40(3 - 4), 1-21. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/29

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>