The Basic Concepts of Sociology Involved in System Theory
Abstract
Hoewel weinig vakwetenskaplikes eksplisiet oor ’n begrip van ’n begrip beskik, hanteer almal van hulle deurlopend uiteenlopende begrippe in hul beoefening van hul onderskeie dissiplines. Hierdie artikel vestig die aandag op die onvermydelike basiese (of: analogiese) grondbegrippe van die Sosiologie as wetenskaplike dissipline. Eerstens word aandag geskenk aan die reaksie van die sisteem-teoretiese benadering op die atomisme (individualisme) en daarna word rekenskap gegee van die eensydige klem op ruimtelike en biotiese analogieë wat in die sisteemteorie aanwesig is. In die behandeling van die idee van differensiasie word, benewens kritiek op tekortkominge, ook positief aansluiting by Münch se spreke van duidelik gedifferensieerde lewensfere gevind, deur hul eie innerlike wette gerig, aangesien hierdie formulering dig nader tot die idee van soewereiniteit-ineie-kring. Ten slotte word ook nog saaklik ingegaan op die dinamiese veldteorie van Sztompka.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.