Reason: Its Kaleidoscopic Ideological Interface Part 3 – The Ontic Foundations of Rationality

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof.

Abstract

Benewens eensydige beklemtonings van die aard van die menslike ‘rede’ wat in die loop van die geskiedenis na vore getree het het dit tegelyk ook ’n inhoud ontvang wat swaar gelaai is met ontiese gegewens – tot so ’n mate dat daar aan die werklikheid self ’n rasionele karakter toegskryf is. Enersyds kan geen opvatting van die aard van rasionaliteit ontkom aan ’n diepste grondoortuiging wat rigting daaraan gee nie, en andersyds word aandag gevra vir die ontiese voorwaardes van rasionaliteit. Dit lei daartoe dat die beperkinge van die logika onderken moet word – soos tewens blyk uit die beginsel van toereikende grond wat die denke verwys na die ontiese gronde buite die logika. Hieraan moet die funderende rol van die beginsel van die uitgeslote antinomie toegevoeg word – wat tegelyk funderend is vir die logiese beginsel van non-kontradiksie. Die aard van die beginsel van die uitgeslote antinomie impliseer dat die menslike rede nie die ‘koninklike’ rol besit om in vermeende outonomie die werklikheid na willekeur te (re-)konstrueer nie, maar dat dit veel eerder die beskeie rol van ‘dienskneg’ moet aanneem – in diens van die blootlegging van ontspoorde denke wat in antinomieë vasloop. Vanuit hierdie gesigspunt word opnuut en in meer besonderhede ingegaan op Zeno se paradokse, op Kant se siening van antinomieë en op die antinomiese aard van die aritmetisiem in die wiskunde. Die problematiek van Kant se siening van rede-antinomieë word vervolgens behandel en die bespreking word afgesluit met ’n verwysing na die verhouding van Kant en Hilbert – waar laasgenoemde die gebruik van die opeens-oneindige wil regverdig met ’n beroep op die Kantiaanse verantwoording van die gebruik van ‘rede-ideë’ sonder om te besef dat Kant in sy argumentasie reeds die opeens-oneindige ingespan het.

Published

2005-01-31

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2005). Reason: Its Kaleidoscopic Ideological Interface Part 3 – The Ontic Foundations of Rationality. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(1 - 2), 161-180. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/45

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>