Public Justice: Delimiting the Task of Government in the Thought of Dooyeweerd and Chaplin

Authors

  • D. F. M. Strauss

Abstract

Politieke teorieë deur die eeue het bly worstel met die vraag hoe die bevoegdheid van die staatlike owerheid sinvol begrens kan word – veral beliggaam in teorieë van vorssoewereiniteit, volksoewereiniteit, regsoewereiniteit en staatsoewereiniteit. H.J. Strauss beskryf ’n magstaat as synde beide absolutisties (sonder politieke medeseggenskap) en totalitêr (sonder siviele en samelewingsvryhede). Dooyeweerd se antwoord op die krisis van die humanistiese staatsleer is gegee in sy nuwe samelewingsteorie wat deur middel van die idee van ’n funderings- en kwalifiseringsfunksie ’n nuwe weg open om die staat te definieer as ’n publieke regsverband, gekwalifseer deur die regsaspek van die werklikheid. Die vraag wat egter onbeantwoord gebly het in
Dooyeweerd se staatsleer is hoe nie-tipiese owerheidstake waardeer moet word. Aangesien Chaplin hierop fokus in sy resente artikel in Philosophia reformata, word in hierdie artikel, in aansluiting
by sleutel-idees van H.J. Strauss, ’n weg uit hierdie impasse bespreek.

Published

2008-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2008). Public Justice: Delimiting the Task of Government in the Thought of Dooyeweerd and Chaplin. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(3 - 4), 157-177. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/155

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>