Philosophy in the Context of our Time – III The Quest for an Origin

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Hierdie artikel bespreek enkele aspekte van die bydrae van Johann Visagie tot die Festschrift wat aan D.F.M. Strauss opgedra is (Lategan & Smith, 2006). Die gemengde reformatoriese tradisie toon dat beide ons idees van God en die skepping die nawerkende effek van pagane en skolastiese invloede bly weerspiëel, waaronder the drang na die onverganklike, asook die werking van die substansiebegrip op die teo-ontologiese wese-verskyning skema op die idee van God – in die denke van Dooyeweerd val die aspekte van die werklikheid saam in die Oorsprongseenheid van God. ? Belangrike element in die “Discourse Archaeology” (DA) teorie van Visagie is juis daarop afgestem om rekenskap te gee van die kondisies wat ten grondslag lê aan die wyse waarop ? mens die idee van ? Oorsprong kan artikuleer. Aanvanklik het hy tussen die Operatore wat benodig is om die relasie tussen ? Oor sprongsinstansie en ? bepaalde domein te beskryf onderskei. Met betrekking tot laasge noemde blyk dit dat bepaalde pare bepalend is vir die keuses wat in ? “argeo logiese diskoers” gemaak word, soos byvoorbeeld universaliteit en individualiteit, konstansie en verandering, wat kenbaar en onkenbaar is, en so meer. Meer on langs het hy die gedagte van “key-formulas” ingevoer waar “some aspect of the world like economic relations, or power, or physics/biology, or cultural context, etc. is postulated to play an explanatory role regarding other domains of reality”. Die intellektuele ontwikkeling van Visagie en die outeur het in verskillende rig tings gegaan, hoewel beide ? voortgesette belangstelling in die “wederkerige vertaling” van dit waarmee hulle besig was behou het. Visagie is tans besig om te werk aan ? boek oor die hele DA-teorie. Daarom word slegs ? paar voorlopige oorsigtelike suggesties gemaak, betreffende die effek van die “linguistic turn” , die prominensie van metafore in DA-teorie, asook die kwessie van universaliteit en wetenskaplike kommunikasie. Die eintlike globale suggestie is derhalwe om tot ? sterker integrasie van funderende ontologiese oorwegings in die verdere onwikkeling van die DA-teorie te kom.

Published

2010-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2010). Philosophy in the Context of our Time – III The Quest for an Origin. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(1 - 2), 61-75. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/212

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>