Reason: Its Kaleidoscopic Ideological Interface Part 2 – Subsequent Historical and Systematic Considerations

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof.

Abstract

In opvolging van die eerste artikel wat die ideologiese vertekening van die sin van rasionaliteit vanaf die Griekse denke tot en met Immanuel Kant aan die orde gestel het wil hierdie tweede (van drie) artikel(s) die aandag vestig op die na-Kantiaanse denke en op betekenisvolle oorgangsmomente na die 20ste eeu. Opvattinge van Schelling, Fichte en Hegel word aan die orde gestel in die lig van die steeds aanwesige dialektiek van natuur en vryheid aan die wortel van hul denke. Waar Schelling verval in ’n gedupliseerde dialektiek, kies Hegel vir die primaat van die vryheid – wat volgens hom die hoogste bepaling van die ‘Gees’ is. Tegelyk voltooi Hegel die sirkel van die Griekse opvatting van denke en syn (vgl. Parmenides) deur die idee te sien as eenheid van begrip en werklikheid. Die miskenning van die goeie struktuur van die skepping in the nawerkende invloed van die dialektiese denktradisie (ook binne die neo-Hegeliaanse erfenis en in die sosiologie) word vermeld alvorens die opkoms van die ‘historiese rede’ bespreek word (Dilthey). Daarna word die onvervulde droom van die ‘fenomenologiese rede’ belig en ook stilgestaan by die ‘dwase rede’ van Thévenaz. Die in-mekaar-trek van taal en werklikheid voer die argumentasielyn tot by die postmodernisme en die idee van die (simboliese en sosiale) konstruksie van die werklikheid. Die laaste paragraaf skenk aandag aan die grense van begripskennis (in onderskeiding van idee-kennis – met verwysing na die ‘taalwending’ by Dooyeweerd) en dien as aanloop tot die opvolg-artikel waarin positief gefokus sal word op die ontiese onderbou van rasionaliteit.

Published

2005-01-31

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2005). Reason: Its Kaleidoscopic Ideological Interface Part 2 – Subsequent Historical and Systematic Considerations. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(1 - 2), 1-18. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/39

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>