Die plek en betekenis van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in die tradisie van die “Kosmonomiese Filosofie”

Authors

  • D. F. M. Strauss North-West University, South Africa

Abstract

Die uitdrukking “kosmonomiese Filosofie” verwys na ? bepaalde wysgerige tradisie wat gedurende die twintigerjare van die twintigste eeu in Nederland ontwikkel het. Die grondleggers daarvan was H. Dooyeweerd en D.Th. Vollenhoven van die Vrije Universiteit van Amsterdam. H.G. Stoker het hierdie wysgerige denk rigting in Suid-Afrika bekend gemaak. ? Student van die Universiteitskollege van die Oranje Vrystaat (UKOVS) Herman Strauss, het in opvolging hiervan gedurende die laat dertigerjare by Herman Dooyeweerd in Amsterdam gaan studeer. By sy terugkeer na Suid-Afrika is hy as die eerste aanhanger van die “Wysbegeerte der Wetsidee” aan die UKOVS aangestel. Gedurende die jare vyftig het Dooyeweerd sy vier-delige hoofwerk in Engels gepubliseer, A New Critique of Theoretical Thought. Hierdie filosofie het die positiewe elemente van die Christelike siening van die werklikheid in die lyn van Augustinus, Calvyn, Bilderdijk, Groen van Prinsterer en Abraham Kuyper verder ontwikkel en wel deur tegelyk krities stelling in te neem teenoor die middeleeuse sintese van die Rooms-Katolisisme en teenoor die modern Humanistiese filosofie. Met die opkoms van die moderne filosofie het Bodin die term “soewereiniteit” ingevoer om die bevoegdheid van die regering as die hoogste gesag in die menslike samelewing aan te dui. Groen van Prinsterer en Kuyper het hierdie erfenis getemper en diensbaar gemaak aan die idee van die begrensde bevoegdheid van elke samewlingsvorm. Daarvoor is die uitdrukking soewereiniteit-in-eiekring in gebruik geneem. Dooyeweerd het die reikwydte van hierdie beginsel vergroot deur dit op alle dimensies van die tydelike werklikheid van toepassing te maak in sy strewe na ? niereduksionistiese ontologie. In sy latere denkontwikkeling het Dooyeweerd sy aandag toenemend toegspits op die verfyning van wat hy as die transendentale kritiek van die teoretiese denke bestempel het. Sy bedoeling was om die ontiese kondisies wat wetenskaplike denke moontlik maak uit te lig – beide met betrekking tot die teoretiese en bo-teoretiese vlak. Gedurende die jare vyftig is proff. Rassie Venter en Pieter de Bruyn Kock in die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat aangestel. Hulle het die implikasies van die transendentale kritiek in hul publikasies verder deurvors, ook in wetenskaplike diskussies met denke vanuit ander oriëntasies. Dit is vermeldingswaardig dat C.A. Van Peursen teen die einde van die twintigste eeu geskryf het dat Dooyeweerd se Filosofie vandag meer as ooit relevant is en dat talle boeke wat binne die veld van die wetenskapsteorie geskryf is nie geskryf sou word as die outeurs eers van Dooyeweerd kennis geneem het nie (vgl. Van Peursen, 1995:79-94). Gedurende die jare sewentig is drie nuwe filosowe aangestel met name Danie Strauss, Kobus Smit en Johan Visagie. Danie Strauss, wat aan die Vrije Universiteit in Amsterdam gepromoveer het, het veral gefokus op die uitdaging om die idee van ? nie-reduksionistiese ontologie verder uit te werk. In sy “Archaeological Discourse Theory” het Johan Visagie ? unieke sistematiese verantwoording ontwikkel van die kondisies wat wetenskaplike denke moontlik maak, terwyl Kobus hom verdiep het in die domein van die wysgerige antropologie, etiek en mediese etiek. Die bydrae van die UV tot die verdere ontwikkeling van die Wysbegeerte van die Wetsidee word ondermeer gereflekteer in die gegewe dat die Nederlandse “Board of the Association for Reformational Philosophy” in 2011 by die Vrije Universiteit die Herman Dooyeweerd Prize aan DFM Strauss toegeken het vir werk in sistematiese filosofie soos beliggaam in sy geskrif, Philosophy: Discipline of the Disciplines (2009). Onlangs is drie nuwe filosowe (met ? agtergrond in kontinentale filosofie) in die Departement Filosofie aangestel, met name Helen Cawood, Pieter Duvenhage (Departementshoof) en Johann Rossouw.

The phrase Cosmonomic Philosophy designates a particular philosophical tradition which emerged in The Netherlands during the first part of the 20th century, founded by H. Dooyeweerd and D.Th. Vollenhoven from the Free University of Amsterdam. H.G. Stoker made this new philosophical trend known in South Africa. A student from The University College of the Orange Free State (UKOVS), Herman Strauss, followed this up by studying with Herman Dooyeweerd during the late thirties. After his return to South Africa he was appointed at UKOVS as the first adherent of the “Wysbegeerte der Wetsidee”. During the fifties Dooyeweerd published his four volume Philosophy of the Cosmonomic Idea. This philosophy explored positive elements of the Christian worldview in the line of Augustine, Calvin, Bilderdijk, Groen van Prinsterer and Abraham Kuyper, whiletaking critical distance from the Roman Catholic medieval synthesis as well as from modern Humanistic philosophy. During early modern philosophy Bodin introduced the term “sovereignty” to characterize the sovereignty of the government as the highest authority within society. Groen van Prinsterer and Kuyper “downsized” this legacy to account for the limited competence of each societal entity, designating what they termed the principle of sphere sovereignty. Dooyeweerd expanded the scope of this principle also to bear upon all dimen sions of temporal reality in his search after a non-reductionist ontology. In his later development Dooyeweerd increasingly directed his attention to a refinement of what he called a transcendental critique of theoretical thought, aimed at uncovering the ontic conditions making possible scholarly thinking – both on the theoretical and supra-theoretical level. During the fifties proff. Rassie Venter and Pieter de Bruyn Kock were appointed in the Department of philosophy at the University of the Free State (as it is currently named) and both explored the implications of the transcendental critique in their publications and scholarly interactions with philosophers from other orientations. It is noteworthy that by the end of the twentieth century C.A. Van Peursen said that Dooyeweerd’s philosophy is today more relevant than ever and that many books written within the domain of philosophy of science should not have been written (cf. Van Peursen, 1995:79-94), had the authors first read Dooyeweerd. During the seventies three new philosophers were appointed, Danie Strauss, Kobus Smit and Johan Visagie. Danie Strauss, who received his PhD from the Free University of Amsterdam, further explored the challenge in articulating a non-reductionist ontology. Johan Visagie developed a unique systematic account of the conditions holding for scholarly thinking (in his “Archaeological Discourse Theory”), while Kobus specialized in philosophical anthropology, ethics and medical ethics. The contribution of the UFS to the further development of the Philosophy of the Cosmonomic Idea is particularly reflected in the fact that in 2011 the Board of the Association for Reformational Philosophy in the Netherlands awarded the Herman Dooyeweerd Prize to Danie Strauss for work in the field of systematic philosophy embodied in his book “Philosophy: Discipline of the Disciplines” (2009). Recently three new philosophers (with a background in continental philosophy), were appointed, namely Helen Cawood, Pieter Duvenhage (Head of the Department) and Johann Rossouw.

Published

2013-12-20

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2013). Die plek en betekenis van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in die tradisie van die “Kosmonomiese Filosofie”. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 49(4), 69-94. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/326

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>