From the Corpus Christianum to the Respublica Christiana: The Theologico-Historical Integration of Magisterial Office and the Biblical Covenant in the Political Thought of the Magisterial Reformers (1519 – 1555)

Authors

  • A. W. G. Raath

Abstract

Die ontwikkeling van die reformatoriese politieke teologie vanaf Luther tot Bucer, het gepaard gegaan met die geleidelike integrasie van die konsepsie van die owerheidsamp met die Bybelse  verbond. Die samevoeging het 'n aanvang met Luther se formulering van die geestelike band tussen kerklike en politieke ampte in die samelewing, op die basis van die sakrament van die doop, geneem. Vanaf die Lutherse Reformasie via Zwingli se konsolidering van die Christelike gemeenskap deur die integrerende effek van die doop tot by Bucer se Respublica Christiana het die reformatoriese teologiese federalisme die geleidelike opkoms van die konsep van die politieke verbond op die basis van die politieke legitimiteit van die Christelike politieke gemeenskap
beleef. Indien Zwingli se idee van die Bybelse verbond die oorsaak was van wat Scott A. Gillis in 'n resente studie beskryf as: “(o)ne people and one church existing under one covenant”, was Bucer verantwoordelik vir die idee van 'n verenigde Christelike republiek gebaseer op die verbond.

Published

2004-01-30

How to Cite

Raath, A. W. G. (2004). From the Corpus Christianum to the Respublica Christiana: The Theologico-Historical Integration of Magisterial Office and the Biblical Covenant in the Political Thought of the Magisterial Reformers (1519 – 1555). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 40(1 - 2), 25-55. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/24

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>