The Quest for the Restoration of the Covenant and the Glory of Magistracy: Zurich and the Dutch Second Reformation

Authors

  • A. W. G. Raath

Abstract

Die eerste sistematiese uiteensetting van die reformatoriese perspektiewe op die owerheidsamp en -taak was vervat in die Huisboek (Dekades) van die Switserse reformator Heinrich Bullinger (1504 - 1575). Die twee belangrikste aspekte van Bullinger se standpunt oor die owerheidstaak het betrekking op die onderskeid tussen die persoon van die burgerlike regeerder en die regeeramp as sodanig, en tweedens, die owerheidsamp gefundeer in die Bybelse verbond.
Alhoewel Johannes Calvyn (1509 - 1564) die belangrikste uitgangpunte van die Zürichse reformasie op burgerlike regering gesistematiseer het, het hy ’n oor-gekondenseerde samevatting daarvan in die vierde boek van sy Institusie aangebied. Nie alleen het hy die grondleggende belang van die verbond in die reformatoriese politieke teorie onderbeklemtoon nie, maar hy het ook nie die Bybelse voorwaardes vir bekleding van die burgerlike regeeramp en die rol van die regbank in die publieke sfeer behandel nie. Dit is ironies dat dit nie die méér uitgebreide diskoers oor burgerlike regering was wat in die tydperk na 1550 impak gehad het nie, maar Calvyn se verkorte herformulering, geskei van die verbondsankers daarvan.
In die tydperk van die Nadere Reformasie in Nederland was daar ’n ernstige poging om die idee van die Bybelse verbond en die glorie van burgerlike regering, soos deur Bullinger in die vooruitsig gestel, te herstel.

Published

2003-01-31

How to Cite

Raath, A. W. G. (2003). The Quest for the Restoration of the Covenant and the Glory of Magistracy: Zurich and the Dutch Second Reformation. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 39(3 - 4), 1-30. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/11

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>