Benevolence and Tiny Human Life: A Pauline Platform for Ecumenical and Cultural Engagement on Abortion Ethics

Authors

  • A. W. G. Raath, Prof.
  • N. P. Swartz

Abstract

Christen-gelowiges word gekonfronteer met die uitdaging om ’n Skriftuurlike basis te vind vir kulturele gesprek met nie-Christene oor aangeleenthede wat spesifiek met die etiek van aborsie te doen het. Een so ’n moontlike basis wat deur Charles J. Daryl genoem word, is die Pauliniese benadering van natuurreg gebaseer op die eise van liefde en sosiale welwillendheid. Vanaf die eerste kontak met die Grieks-Romeinse wêreld, waar aborsie en kindermoord wyd toegepas is, het die eerste Christelike gemeenskap, deur sy verkondiging en navolging van die Pauliniese benadering tot etiek, daardie standpunte radikaal teengestaan, soos blyk uit sowel die werke van die Griekse as die Latynse kerklike skrywers. ’n Minderheid van Christen-kerklike skrywers het egter aansluiting gevind by die Aristoteliese perspektiewe oor vertraagde besieling – ’n benadering wat deur St. Thomas van Aquinas nagevolg is. Sowel die latere Rooms-Katolieke as die vader van die Reformasie, Martin Luther, het die Pauliniese perspektiewe oor die etiek ontwikkel, teenoor die standpunte van St. Thomas. Die Lutherse perspektiewe oor die eise van die liefde en sosiale welwillendheid as die essensie van die etiek en die regte van die mens, bied waardevolle aanknopingspunte vir diskoers met nie-Christene oor aangeleenthede wat met aborsie verband hou.

Published

2006-08-31

How to Cite

Raath, A. W. G., & Swartz, N. P. (2006). Benevolence and Tiny Human Life: A Pauline Platform for Ecumenical and Cultural Engagement on Abortion Ethics. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 141-167. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/111

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 > >>