Divine Law, Natural Law and Reason in Dutch Jurisprudence: The Rise of Moral Relativism in the Jurisprudence of the Dutch “Golden Age”

Authors

  • A. W. G. Raath, Prof.

Abstract

Die uitgangspunt van die reformatoriese regs- en politieke teorie was dat die mensdom deur die wet van God regeer word. Die Reformatore het die sosiale orde van die Hebreeuse republiek as uitgangspunt vir die regs- en staatsfilosofiese denke geneem vir sover dit ’n model van die gelding van die transendentale beginsels van die goddelike reg en geregtigheid gebied het. Die Reformatore het naamlik geglo dat die mensdom regeer word deur die wet van God soos dit in die Skrif vervat is en dat die mens verplig is om die samelewing in te rig en te handhaaf soos deur God in die Skrif vereis word. Die reformatoriese uitgangspunte met betrekking tot die staat en die reg is vanaf die middel van die 17de eeu geleidelik deur die rasionalistiese klem op die mens se rol in die formulering van die beginsels onderliggend aan die regsorde vervang. Die ondermyning van die goddelike beginsels wat die regsorde onderlê, het met die relativering van die morele dimensie in die regsorde gepaard gegaan. Terwyl die proses van sekularisering, deur die regsteorie van Hugo Grotius geïnisieer, tot morele relativisme in die Nederlandse reg gelei het, het die impak van die reformatoriese denke oor die reg in die nuwe pionierskolonies van Amerika steeds voortgeduur. In hierdie artikel val die klem spesifiek op die bydrae van Ulrich Huber en Antonius Matthaeus, twee invloedryke Nederlandse skrywers uit die middel van die 17de eeu, as voorlopers van die verligtingsdenke wat Europa vanaf die begin van die 18de eeu oorspoel het.

Published

2005-06-30

How to Cite

Raath, A. W. G. (2005). Divine Law, Natural Law and Reason in Dutch Jurisprudence: The Rise of Moral Relativism in the Jurisprudence of the Dutch “Golden Age”. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(3 - 4), 1-31. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/50

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>