The problem of continuity and discontinuity with special reference to modern biology II

Authors

  • D. F. M. Strauss University of the Free State, South Africa

Abstract

Die denke van Hobbes, Malthus en Adam Smith weerspieël die invloed van die geesteswetenskappe op die denke van Darwin. Volgens Gould is natuurlike seleksie Adam Smith se ekonomie soos toegepas op die natuur. Dit blyk dat die kontinuïteitspostulaat van die moderne humanistiese wetenskapsideaal ’n diepste oortuiging verteenwoordig wat sy denke, asook dié van sy huidige aanhangers, deursuur. Dit dien ook as grondslag vir die dominante “gradualism” in die Neo-Darwinistiese denke sedert die “New Synthesis”. Die stryd tussen die voor- en teenstanders van hierdie geleidelike oorgangsgedagte belig bykomend die feit dat die dialektiese grondmotief van natuur en vryheid ook in die gebied van die huidige biologiese uitwerking gevind het. Hoewel Huxley beswaar gemaak het teen Darwin se oortuiging dat die natuur geen spronge maak nie (wat ’n affiniteit met Leyll se identifisering van “gradualism” en rasionaliteit vertoon – Natura non facit saltum), was Darwin nie bereid om van hierdie grondoortuiging afstand te doen nie. In die ontleding van die teenstelling tussen “gradualism” en stasis word aangetoon hoedat die meerderheid Neo-Darwiniste huself in ’n onhoudbare hoek geposisioneer het. Gould het hierdie onhoudbare posisie raakgesien en sterk in sy laaste groot werk gekritiseer. Die ontsnappingspoging wat ’n beroep op die “onvolledigheid” van die fossielrekord doen bied geen uitkoms nie, want waar stasis data verteenwoordig berus die idee van “imperfection” op die afwesigheid van data. Hierdie probleme wat in die New Synthesis aanwesig is betref beide die skielike verskyning as die abrupte verdwyning van tipes. Die positivistiese aanspraak of “brute feite” kan nie die toets van wat werklik in die verskillende akademiese dissiplines aan die gang is deurstaan nie. Gould is daarom geregverdig in sy siening dat feite geen onafhanklike bestaan in die wetenskap en elke ander menslike aktiwiteit besit nie, aangesien teorieë verskillende gewig, waarde en beskrywings aan selfs die mees empiriese en onloënbare waarnemings toeken. Alles in ag genome toon die probleem van (dis)kontinuïteit nie slegs sommige van die dringendste inkonsekwensies van die moderne Neo-Darwinistiese biologie aan nie. Dit vra tegelyk ook na ’n alternatiewe benadering waarin die realiteit van diskontinue tipes – soos dit in die stasis-gestempelde paleontologiese rekord en die huidige natuurlike sisteem van plante en diere na vore kom – erken word.

Published

2010-12-17

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2010). The problem of continuity and discontinuity with special reference to modern biology II. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(3 - 4), 173-184. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/227

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

<< < 1 2 3 4 5 > >>