John Milton’s Federal-Republicanism

Authors

  • A. W. G. Raath
  • S. A. de Freitas

Abstract

Die Engelse Puriteinse outeur, John Milton (1608-1674), se politieke teorie rakende federaal-republikanisme word in hierdie artikel ondersoek. Deelnemende politiek, die wisselwerking tussen die openbare en privaat gemeenskapsdomeine, die rol van die politieke gemeenskap in die bevordering van vryheid en die reg as antidespotisme, dra by tot die betekenisverklaring van republikanisme, waartoe Milton ’n diepgaande bydrae gemaak het. Hierdie teorie oor republikanisme is gepostuleer teen die agtergrond van federalisme, soos verstaan binne die konteks van politieke verdragsluiting, met laasgenoemde wat ’n belangrike funksie vervul wat betref die doeltreffende toepassing van republikanisme. Milton se federaal-republikanisme het ’n ander perspektief verskaf vergeleke met die liberale siening van politieke gedrag, gedrewe deur bekrompe eiebelang tot ’n groter rol vir burgerlike deugsaamheid in die politieke lewe van die samelewing. Daarbenewens het Milton se federaal-republikanisme bygedra tot die bevordering van die beweging weg van die oorgeërfde Goddelike Reg tot soewereiniteit, deur middel van ’n herroepbare kontrak met die mense, om sodoende regeringsabsolutisme te verhoed.

Published

2008-06-30

How to Cite

Raath, A. W. G., & de Freitas, S. A. (2008). John Milton’s Federal-Republicanism. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(3 - 4), 179-202. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/156

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>