Identifying Critical Indicators to deal with Research Integrity
Abstract
In hierdie artikel word op die rol van etiek in die navorsingsproses gefokus. Die navorsingsproses sluit alle aspekte (akademies, kommersiëel en administratief), wat verbandhoudend tot die navorsing is, in. Die outeur beredeneer dit dat die heersende denke oor etiek in navorsing heel dikwels verspreid voorkom, en tot sekere dissiplines (byvoorbeeld die gesondheidswetenskappe) en aktiwiteite (soos plagiaat) beperk is. Dit word ook aangetoon dat navorsingsetiek nie slegs op die werklike uitvoering van navorsing van toepassing is nie, maar ook op die prosesse wat met navorsing verband hou, soos toesighouding en die kommersialisering daarvan binne die openbare domein. 'n Aantal kritieke indikatore word geïdentifiseer, ten einde met etiek in die navorsingsproses te handel.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.