A Framework for Christian-informed Medical Ethics

Authors

  • L. O. K. Lategan, Prof.

Abstract

Hierdie artikel stel ’n raamwerk vir ’n Christelik-georiënteerde mediese etiek voor. Die konteks waarbinne hierdie etiek geformuleer moet word, word deur twee dominante ideologieë oorheers: die tegnologisisme en die postmodernisme. Tegnologisisme betoog dat alles moontlik is – alles wat gemaak kan word, moet gemaak word. Die postmodernisme huldig die perspektief dat daar geen absolute waarhede is nie en dat elke mens die verwysingsraamwerk van sy/haar waarheid is. In hierdie artikel word mediese etiek gedefinieer as normatiewe getrouheid in die behandeling van pasiënte. Die raamwerk vir ’n Christelike mediese etiek word gebou op die heiligheid van en respek vir lewe. ’n Gevallestudie, “The serpent was here” word bespreek. Met hierdie gevallestudie word aangedui hoe ’n normatiewe besluit geneem kan word in ’n situasie wat deur genoemde ideologieë oorheers word. Die artikel neem ook verskillende denkstrome in ag en wys hoe ’n Christelike etiek daarop sal reageer. Die artikel sluit af met riglyne vir ’n Christelike mediese etiek.

Published

2005-06-30

How to Cite

Lategan, L. O. K. (2005). A Framework for Christian-informed Medical Ethics. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(3 - 4), 51-67. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/52

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>