A Reformed-ethical Perspective on Abortion

Authors

  • L. O. K. Lategan, Prof.

Abstract

Hierdie artikel bied ’n gereformeerd-etiese perspektief op aborsie. Eerstens word ’n kort oorsig van die gereformeerde-etiekdebat oor aborsie in Suid-Afrika aangebied. Uit hierdie debat sal dit blyk dat aborsie op aanvraag geensins aanvaar word nie. Die nuwe Suid-Afrikaanse wetgewing oor die beëindiging van swangerskap word daarom nie ondersteun nie. Die debat erken wel die bepalings/ kriteria waar daar geen alternatief anders as aborsie beskikbaar is nie. Hierdie debat word binne ’n gereformeerd-etiese perspektief geplaas waar die fundamentele beginsels van sola Scriptura, sola fidei, sola gratia en sola Christo erken word as ’n sine qua non en daarom ’n vertrekpunt vir ’n gereformeerd-etiese perspektief. Die perspektief wat in hierdie artikel aangebied word beklemtoon die rol wat ’n kompromis, groei-etiek en verantwoordelikheid kan speel in die hantering van aborsie. Ten slotte word enkele kriteria geformuleer oor hoe om met aborsie vanuit ’n gereformeerd-etiese perspektief te handel.

Published

2006-08-31

How to Cite

Lategan, L. O. K. (2006). A Reformed-ethical Perspective on Abortion. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 109-124. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/109

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>