Employing Research Ethics in Theological Ethics

Authors

  • L. O. K. Lategan, Prof. Central University of Technology, South Africa

Abstract

In hierdie artikel word die argument aangevoer dat die teologiese etiek as vakwetenskaplike dissipline beswaarlik met fundamentele vrae vanuit die navorsingsetiek in gesprek tree. Die belang van hierdie gesprek wentel rondom die navorsing vanuit die perspektief van die teologiese etiek wat sodanige onderbou nodig het, maar wat nie hiermee omgaan nie. Kernvrae vanuit die navorsingsetiek is vrae rondom objektiwiteit in navorsing, die deel van inligting, die omgaan met inligting, die vertel van die waarheid, ens. In hierdie artikel word op drie vrae van die navorsingsetiek ingegaan om die betekenis daarvan vir die teologiese etiek uit te wys. Hierdie vrae wentel rondom objektiwiteit, ideologie en verantwoordelikheid en die sosiale waarde van navorsing. Die artikel sluit af met die integrasie van navorsingsetiek in teologiese etiek. Die fokus van die studie sluit doelbewus by die reformatoriese teologiese etiek aan.

Published

2007-01-31

How to Cite

Lategan, L. O. K. (2007). Employing Research Ethics in Theological Ethics. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 43(1 - 2), 69-82. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/118

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>