Teacher Education for Responsible senior Decision-making

Authors

  • A. de Muynck, Prof.
  • J. L. van der Walt, Prof.

Abstract

Onderwysersopleiers behoort so elke nou en dan na te dink oor waarheen presies hulle met die voornemende onderwysers op weg is. Versuim om hieroor te besin kan mettertyd lei tot oneffektiewe en onbeholpe besluitneming deur onderwysers wat veronderstel is om ’n beter insig in die eise van hulle professie te hê. Deur gebruik te maak van perspektiewe voortvloeiend uit Alisdair McIntyre se deugde-etiek en normatiewe praktykmodel, ontwikkel die outeurs ’n benadering tot onderwysersopleiding waarin kernwaardes soos die onderwyser se vermoë om deurlopend na te dink oor sy/haar professie, en om kennis, vaardighede en gesindheid effektief te integreer, ’n betekenisvolle rol speel. Hierdie benadering tot onderwysersopleiding verleen diepgang aan kerngedagtes soos waardes, deugde, kompetensies en uitkomste. Onderwysersopleiding gegrond op hierdie beginsels sal op die lang duur lei tot verantwoordelike en pedagogies regverdigbare besluitneming deur toekomstige senior opvoeders. Die outeurs pas hulle bevindinge toe op die situasie in Suid-Afrika.

Published

2008-01-31

How to Cite

de Muynck, A., & van der Walt, J. L. (2008). Teacher Education for Responsible senior Decision-making. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(1 - 2), 121-138. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/145

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)