Benevolence and Conjugal Union: Luther’s Views on the Moral Context of Marriage, Natural Right and the Moral Limits of Marital Union
Abstract
God se roeping om welwillendheid toe te pas en te manifesteer regdeur die wêreld, behels in die praktyk dat reg en die liefde onskeibaar is: die liefde verskaf aan die reg sy morele inhoud en die reg verleen aan die liefde sy sosiale vorm. Alle sosiale vorme is daarom onderworpe aan die liefde en die eise van die Morele Wet. Die huweliksinstelling en die huweliksband wat daaruit voortspruit, is ook onderworpe aan God se Morele Wet en die tipiese vorm van welwillende liefde wat die huweliksinstelling vergesel. Die sosiale vorm van die huweliksliefde is, daarom, nie ’n aangeleentheid wat afhanklik is van die willekeur van mense nie, maar van God se voorsienige bestuur van die wêreld. As sodanig maak die morele konteks van die huwelik as ’n natuurlike reg en die morele perke van die huweliksinstelling nie voorsiening vir ’n reg tot sogenaamde selfde geslag huweliksinstellings buite die morele perke van die verbintenis van een man en een vrou vir die duur van hul lewe nie. Deurdat menseregte na vore tree in die sfeer van morele vryheid, kan daar nie ware regte wees wat deur die Morele Wet verbied word nie – ’n reg is méér as regmatigheid vir sover dit ’n sekere kompetensie om te handel in verhouding tot ander mense aandui, welke vryheid deur die morele wet self verleen word en andere verbied om met sodanige vryheid in te meng. Daarom is daar geen basiese mensereg om ’n “huwelik” met ’n persoon van dieselfde geslag te sluit nie; voorts is daar geen morele (of juridiese) regverdiging daarvoor om sodanige verbintenisse te erken en sodanige verbintenisse as legitiem (of regmatig) te aanvaar nie.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.