The Implications of the Pauline Ethics of Benevolence and Natural Law as Applied in the Early Lutheran Reformation

Authors

  • A. W. G. Raath, Prof.
  • N. P. Swartz

Abstract

Is dit moontlik vir die mens om aan God se universele openbaring in die werklikheid te ontkom? Hoe kan ’n grondslag vir dissipline tussen alle mense en in alle samelewings, gebaseer op God se morele wet, gelê word? Hierdie was sommige van die vraagstukke wat deur Luther se navolger, Melanchthon, in die vroeë fases van die Reformasie aangespreek is. Melanchthon se vroeë uiteensettings van die brief aan die Romeine het die lyn van Luther streng gevolg. Die resultaat daarvan was sy bekende Loci Communes rerum theologicarum van 1521. Tydens die onrus te Wittenberg in 1521 en 1522, toe Luther tot die Wartburg ingeperk was en die radikales te Wittenberg hul tot die vernietiging van kerklike simbole gewend het, het Melanchthon die noodsaak daarvan gesien om in die wet en in die mens se natuurlike rede bepaalde etiese vereistes te sien wat bindend op alle mense sou wees. Vir Melanchthon was dit egter te vinde in die natuurlike lig van die menslike rede en die goddelike natuurreg wat op die rede van die mens afgedruk is, waardeur ruimte vir ’n filosofiese etiek geskep is, afgesien van die skriftuurlike regverdiging deur die geloof in Christus. Melanchthon het ook die universele openbaring van God en die werking van die Heilige Gees in die lewens van nie-Christene gehandhaaf ten einde ’n basis vir dissipline tussen alle mense en in alle samelewings te lê. Die Luthers-evangeliese hantering van die vraagstukke van God se universele openbaring, Christelike deugsaamheid, ’n wet-gebaseerde etiek en die moontlikhede vir kulturele betrokkenheid tussen sowel Christene as nie-Christene, word bespreek. Sommige van die implikasies van die aanvaarding en ontwikkeling van die Pauliniese perspektiewe oor welwillendheid en die natuurreg word kortliks oorweeg.

Published

2006-12-22

How to Cite

Raath, A. W. G., & Swartz, N. P. (2006). The Implications of the Pauline Ethics of Benevolence and Natural Law as Applied in the Early Lutheran Reformation. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(4), 57-93. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/82

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

<< < 1 2 3 4 > >>