Moral duty, natural rights and the Ciceronian impact on the political and legal views of the Early Reformation

Authors

  • A. W. G. Raath University of the Free State, South Africa

Abstract

Cicero se standpunte dat alle mense aan een morele wet onderhewig is, dat alle mense in ? morele sin gelyk is en dat die menslike samelewing ? morele gemeenskap is wat deur morele bande saam gebind word, beteken by implikasie dat alle mense in die staat as ? korporatiewe entiteit verenig is en gelyklik aan die reg deel het. Voorts impliseer dit dat die eise van sosiale welwillendheid op alle burgers in die staat van toepassing is. Veral Cicero se opvattings oor sosiale welwillendheid en die morele bande wat die hele bur gery tot ? morele eenheid saamsnoer, het ? belangrike impak op die politieke en regstand punte van die vroeë Reformatore uitge oefen. Luther, Melanchthon en Calvyn is tot ? groot mate deur Cice ro se standpunte beïnvloed. Van die belangrikste gevolge daarvan was dat die vroeë Reformatore standpunte oor die reg en die politieke lewe in die staat ingeneem het wat die reg vanuit bepaalde morele perspektiewe benader het en die gronde van fundamentele regte in morele pligte begrond het. Hierdie artikel ondersoek enkele van die belangrike implikasies van Cicero se invloed op die vroeë Reformatore in dié verband.

Published

2012-06-29

How to Cite

Raath, A. W. G. (2012). Moral duty, natural rights and the Ciceronian impact on the political and legal views of the Early Reformation. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 48(1-2), 27-44. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/276

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>