Is the Idea of the Historical Aspect of Reality Tenable?

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof.

Abstract

In hierdie artikel word spesifiek aandag gevra vir die erkenning van die historiese aspek van die werklikheid. Midde-in die historistiese smeltkroes van die vroeg-twintigste eeu was dit dringend nodig dat fundamentele prinsipiële besinning oor die vermeende historiese relatiwiteit van alles sou gestalte aanneem. Teen die agtergrond van die tradisionele (rasionalistiese) natuurregsteorieë het Dooyeweerd die idee van die historiese aspek na vore gebring. Hierdie idee het tegelyk ’n bevrydende perspektief gebied op die impasse van ’n historisties-irrasionalistiese relativering van die natuurregtelike idee van ’n universeel-geldende reg vir alle tye en plekke. Teen die agtergrond van ’n ontleding van die aard en sin van die historiese aspek in die denke van Dooyeweerd word in die besonder aandag geskenk aan die kritiese besware wat C.T. McIntire geformuleer het teen die idee van ’n historiese aspek. Die kritiese konfrontasie waartoe hierdie analise aanleiding gee bied enersyds ’n geleentheid om die positiewe meriete van die erkenning van ’n historiese aspek in perspektief te plaas en demonstreer andersyds hoedat vermeende kritiek op Dooyeweerd se filosofie dikwels mank gaan aan ’n gebrekkige verstaan van die hele konteks van sy filosofie. In die geval van McIntire blyk dit dat veral die idee van ’n modale aspek en die oorspronklike tuiste van modale terme – ook van ander aspekte – tot fundamentele misvattinge in sy eie kritiek aanleiding gegee het.

Published

2006-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2006). Is the Idea of the Historical Aspect of Reality Tenable?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(3), 1-23. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/72

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>