South African Education Policy and the Right to Religious Freedom

Authors

  • I. H. Horn, Prof.

Abstract

Die huidige Suid-Afrikaanse regering se beleid ten opsigte van religie in die onderwys is humanisties en dus relativisties. Daarbenewes het die wysiging aan die Skolewet volgens die Onderwyswette Wysigingswet, Nr. 50 van 2002, die staatskurrikulum en -assesseringsproses verpligtend vir staat- en onafhanklike skole gemaak. Die wysiging is gemaak ten spyte van die feit dat die reg tot godsdiensvryheid in Suid-Afrika se Handves van Menseregte ingesluit is. Hierdie artikel poog om vas te stel of bogenoemde aspekte van staatsonderwysbeleid inbreuk maak op die reg tot godsdiensvryheid. Dié artikel begin met ’n besinning oor menseregte binne ’n bybelse konteks. Daarna word die Weste se historiese skuif na menseregte binne ’n humanistiese raamwerk en die daaropvolgende internasionale erkenning van dié begrip van menseregte kortliks beskryf. Laastens word Suid-Afrika se huidige beleid ten opsigte van religie in die onderwys en toepaslike nasionaal erkende menseregte uitgestippel en gevolglik word beoordeel of amptelike onderwysbeleid in Suid-Afrika die reg tot godsdiensvryheid respekteer al dan nie.

Published

2006-01-31

How to Cite

Horn, I. H. (2006). South African Education Policy and the Right to Religious Freedom. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(1 - 2), 23-34. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/62

Issue

Section

Artikels | Articles