Postmodern Spirituality: an Analysis of its Theoretical Grounding

Authors

  • I. H. Horn, Prof. University of South Africa

Abstract

Twee voorveronderstellinge wat die staat vir Suid-Afrikaanse onderwys voorskryf is die evolusionisme en die ontkenning van objektiewe religieuse waarheid. In hierdie artikel word daar geargumenteer dat hierdie voorveronderstellinge aanleiding gee tot ’n wêreldbeskouing wat legimiteit verleen aan onbybelse geestelike praktyke. Hierdie wêreldbeskouing, wat wesenlik postmodernisties is, omdat dit objektiewe religieuse waarheid ontken, is onderliggend aan Westerlinge se toenemende belangstelling in onbybelse geestelike idees en praktyke. Die aard van hierdie wêreldbeskouing is dié van vergeesterde naturalisme,oftewel panteïsme, waar die kosmos as goddelik en die geesteswêreld as inherent deel van die kosmos beskou word. In hierdie artikel word die teoretiese begronding van hierdie wêreldbeskouing ontleed. Dit behels eerstens ’n uiteensetting van hoe die naturalisme deur middel van die evolusieteorie as wetenskaplike regsinnigheid gevestig is en hoe die naturalisme beide ateïsme en panteïsme ondersteun. Tweedens behels hierdie artikel ’n oorsig van CG Jung se psigo-analitiese teorie, omrede dié teorie wetenskaplike geldigheid verleen aan die reduseringe van alle religieë tot mite en die verheffing van mistieke, geestelike praktyke tot psigologiese hulpmiddels. Derdens behels hierdie artikel ’n ontleding van die metafisiese afleidings wat vanaf die nuwe fisika gemaak word. Dié ontleding word genoodsaak, omrede postmoderne spiritualiste hulle tot die nuwe fisika wend as harde wetenskaplike bewyslewering van hulle wêreldbeskouing. Hierdie artikel eindig met ’n kritiese beoordeling van die geldigheid van hierdie wêreldbeskouing.

Published

2007-06-29

How to Cite

Horn, I. H. (2007). Postmodern Spirituality: an Analysis of its Theoretical Grounding. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 43(3 - 4), 133-156. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/132

Issue

Section

Artikels | Articles