Natural Science and World Views: An Analysis of the Origin and Development of Natural Science

Authors

  • I. H. Horn

Abstract

In hierdie artikel word oor die verwantskap tussen die beoefening van natuurwetenskap en wêreldbeskouinge besin. Sedert die 16de eeu word natuurwetenskap as ’n direkte empiriese ondersoek van natuurlike verskynsels beoefen. Hierdie wyse van wetenskapsbeoefening het sy ontstaan in die Christelike Weste gehad, en nie in kulture wat panteïsme, politeïsme en animisme aanhang nie. Tans word die natuurwetenskap in ’n raamwerk van materialisme en realisme beoefen, maar daar is mense, ook natuurwetenskaplikes, wat ’n raamwerk van anti-realisme en selfs ’n vergeesteliking van die natuur bepleit.
Die doel met hierdie artikel is om die Bybelse wêreldbeskouing as paradigma vir natuurwetenskap te verdedig. Argumente word aangevoer dat die Bybelse beskouing van die natuur en die menslike verstand uniek is en dat dié beskouing noodsaaklik vir die ontstaan was en dus ook noodsaaklik vir die voortgaande bestaan en ontwikkeling van natuurwetenskap is. Die outeur se argumente berus op die wesenlike aard en limiete van empiriese wetenskapbeoefening. Dié vorm die noodsaaklike agtergrond waarteen die ontstaan van empiriese wetenskap in die Christelike Weste en nie in ander kulture nie wat panteïsme, politeïsme en animisme aanhang, verklaar kan word. Daarbenewens word ook die historiese filosofiese proses wat die Weste eerstens tot materialisme en tans tot antirealisme en pogings om ’n vergeestelikte natuurbeskouing te vestig in hierdie artikel uiteengesit. Daar word geargumenteer dat beide die materialisme en die anti-realisme filosofiese afleidings is wat op voorveronderstellinge berus wat uiteraard self onbewysbaar is. Daar word ook geargumenteer dat die Bybelse beskouing van die natuur en dievermoë van die menslike verstand om die natuur te ken en verstaan behoue gebly het in materialistiese wetenskap, en dié verklaar die ooreenkomste tussen wetenskapbeoefening in ’n Bybelse en materialistiese raamwerk. Die verskille tussen die twee wyses van wetenskapbeoefening word ook uitgewys. Deurgaans word die gepastheid van filosofiese raamwerke anders as die Bybelse raamwerk krities ontleed en opgeweeg.

Published

2009-06-30

How to Cite

Horn, I. H. (2009). Natural Science and World Views: An Analysis of the Origin and Development of Natural Science. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 1-25. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/161

Issue

Section

Artikels | Articles