African Traditional Religion, Western Religious Shifts and Contemporary Education

Authors

  • I. H. Horn

Abstract

Swart Afrikane en Westerlinge voer tans ’n stryd om die herlewing van  Afrika se tradisionele godsdienste. In dié verband word daar in hierdie artikel gekyk na drie grondopvattinge in die tradisionele godsdienste van Afrika, naamlik die geloof in ’n Hoogste Wese, die geloof dat die geestelike en fisiese werklikhede ’n onskeibare eenheid vorm en die belangrikheid van ’n verenigde, gelykdenkende gemeenskap. Daar word ook gekyk na die historiese dinamika wat onderliggend is aan die religieuse verskuiwings in die Weste. Die Weste was tradisioneel Christelik, maar het na die Verligting grootliks in ateïsme verval. Sedert die laaste drie dekades van die twintigste eeu is daar egter weer geestelike oplewing in die Weste, maar dit is grotendeels tot nie-christelike, insluitend tradisionele Afrika-opvattinge gerig.
Die Bybel vermaan ons om alles in die lig van die Skrif te toets want slegs dan kan ons en ons kinders vashou aan slegs dit wat goed is (1 Tessalonisense 5: 21). Derhalwe word hierdie artikel afgesluit met ’n blik op die wyse waarop tradisionele Afrika-opvattinge wat ook in kontemporêre Westerse denke te bespeur is, in die onderwys van vandag te vore kom en wat die betekenis daarvan in ’n Bybelse perspektief is.

Published

2003-01-31

How to Cite

Horn, I. H. (2003). African Traditional Religion, Western Religious Shifts and Contemporary Education. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 39(3 - 4), 51-66. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/14

Issue

Section

Artikels | Articles