Reflections on Marital Breakdown in the West

Authors

  • I. H. Horn, Prof.

Abstract

In hierdie artikel word daar besin oor die huwelikskrisis in Westerse, histories-Christelike samelewings. Hierdie artikel is gegrond in die oortuiging dat die huidige huwelikskrisis voortgegroei het uit drie kragte wat die denkklimaat in kontemporêre Westerse samelewings oorheers, naamlik die soeke na aardse geluk en selfvervulling; morele relatiwisme en die gepaardgaande seksuele vryheid; en die feminisme. Die outeur bedink die historiese wortels van hierdie drie kragte. Dié wortels reik terug tot die Verligting. Daarna bedink sy die wesenlike sondige geaardhede van die vrou en die man wat onderskeidelik deur die sondeval meegebring is. Dié geaardhede gedy in die huidige denkklimaat en verwoes huweliksverhoudinge. In die lig van die insig wat op die wyse verkry is, besin die outeur, ’n evangeliese Christenvrou, oor praktiese riglyne vir Christenvroue om aan God se bedoeling met die vrou in die huwelik te beantwoord.

Published

2009-10-30

How to Cite

Horn, I. H. (2009). Reflections on Marital Breakdown in the West. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 63-80. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/202

Issue

Section

Artikels | Articles