Can Legal Rights be assigned to “Natural Objects” such as (Plants and) Animals?

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof.

Abstract

Suider-Afrika is tans gekonfronteer met die problematiek van te veel olifante (beide in die Kruger wildtuin en in Botswana). Geplaas teen die agtergrond van ‘n jagtersgeskiedenis in Afrika wat aan geen maat of perk gebonde was nie, is dit begryplik dat daar vandag stemme opgaan oor die vermeende regte van (plante en) diere. Hierdie problematiek word krities behandel in die lig van die universele skopus van die etiese aspek van die werklikheid, die aard van etiese subjek-subjek en etiese subjek-objek relasies (plante en diere is etiese objekte en hoef nie gepromoveer te word tot mede etiese subjekte indien aan hulle gegee word wat hulle regtens toekom nie), die onderskeiding tussen reg en moraal, die aard van juridiese en etiese beginsels, asook die uniekheid van subjektiewe regsbelange van die mens wat so nou aan die menslike subjektiwiteit verbonde is dat dit nie geobjektiveer kan word nie. Die sin van geregtigheid, as omvattende aanduiding van die verdiepte regsetiese beginsel van die juridiese moraal, verg dat alles in die skepping hul regmatige deel (“due”) ontvang – 'n kern-element wat deurlopend in die erfenis van juridiese besinning aanwesig is en wat treffend in die Engelse aanduiding “retribution” tot openbaring kom – gee aan elke skepsel wat daardie skepsel toekom (die “tribute”-gedeelte van “retribution”).

Published

2005-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2005). Can Legal Rights be assigned to “Natural Objects” such as (Plants and) Animals?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(3 - 4), 169-187. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/57

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>