Symbolic Interactionism in Social Theory – Assessed in the Light of the Elementary Basic Concepts of Sociology
Abstract
Waar die 19de eeu grootliks in die greep van meganistiese, fisikalistiese en organisistiese denkstrominge was, word die denke van die 20ste eeu globaal omspan deur die horison van die taal. In hierdie artikel word allereers ’n agtergrondskets gegee van die wyse waarop prominente sosiologiese denkrigtings hulself eensydig georiënteer het aan enkele funderende struktuurmomente van die sosiale aspek. Na die bydraes van grondleggers soos Tönnies, Simmel, Durkheim, Oppenheimer, Von Wiese en Weber, was dit veral Parsons wat met sy struktureel-funksionele benadering die toneel gedurende die middeltydperk oorheers het. Die neo-Marxisme het tydens die studente-opstande van die laat-sestigerjare sigbare prominensie verwerf, hoewel die sisteem-teorie opnuut herleef het in die denke van Alexander en Münch. Tans is Alexander, Habermas en Giddens bepaald drie van die leidinggewende figure op die sosiologiese toneel. Benewens die teenstelling tussen atomisme en holisme word vervolgens oorsigtelik aandag geskenk aan sosiologiese strominge wat eensydige klem gelê het op een of enkele struktuurelemente van die sosiale aspek. Op die basis van hierdie agtergrondskets word die inset van die verskillende nuanses binne die ontstaansgeskiedenis van die simboliese interaksionisme in samehang met die teken-analogie binne die struktuur van die sosiale aspek behandel. Die artikel word afgesluit met die opmerking dat eensydighede weliswaar allereers iets in die werklikheid raakgesien het wat nie misken kan word nie, maar dat die skeeftrekking van die sin daarvan slegs vermy kan word deur van 'n nie-reduksionistiese ontologie uit te gaan.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.