The Idea of the State Subject to Law: Lessons from the German Experience 1840-1940
Abstract
Toe J.P.A. Mekkes, in die aanvangstadium van die Tweede Wêreldoorlog, sy uitgebreide kommentaar oor die ondermyning van die regstaatbeginsel gegee het, was hy in werklikheid besig om ’n ooggetuie-verslag van die disintegrasie van die idee van die regstaat binne die wyer Europese konteks in die algemeen en die onstaan van outoritêre regstaatbewegings spesifiek te lewer. Sy uitgebreide nadenke oor ontwikkelinge binne humanistiese staatsteorieë verskaf nuttige aanduidings vir die identifisering van dié faktore wat hoofsaaklik vir die disintegrasie van die regstaatbeginsel en die konsep van die konstitusionele staat veranwoordelik was. ’n Indringende ondersoek na die ondermyning van die regstaatdenke in Duitsland in die tydperk 1840 tot 1940 toon aan dat die beginsel van soewereiniteit in eie kring nie altyd voldoende antwoorde bied om die ideologiese aanslag teen die staat se regstaak en –owerheidsfunksies te hanteer nie. Dié tendens word toegelig met verwysing na die Suid-Afrikaanse situasie waar die aanslag van die idee van die nasie ernstige bedreiginge vir die konkretisering van ’n genuanseerde regstaatmodel inhou. Die vraag word vervolgens beantwoord tot welke mate die beginsel van soewereiniteit in eie kring uitgebou kan word ten einde tendense soos aangedui teen te werk.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.