School Principals’ Experiences and Observations of Educator-targeted Bullying

Authors

  • Corene de Wet, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Die treitering van opvoeders geniet teenswoordig groot belangstelling weens die negatiewe invloed daarvan op onderrig en leer. Desnieteenstaande is nóg die fenomeen nóg die aanleidende risiko-faktore genoegsaam beskryf. Hierdie studie ondersoek skoolhoofde se ervaringe en waarnemings van die treitering van opvoeders deur leerders. Die studie vind binne ’n interpretiewe raamwerk, wat ervaring en interpretasie beklemtoon, plaas. Data is met behulp van in-diepte fokusgroeponderhoude met 12 skoolhoofde ingesamel. Kwalitatiewe inhoudanalise is gebruik om die data te analiseer. Inligting wat van die deelnemers verkry is, is gebruik om die fenomeen te beskryf. Bronfenbrenner se model van aaneenskakelende stelsels, wat as teoretiese raamwerk gebruik is, beklemtoon die wederkerige interaksie tussen die riskio-faktore vir opvoedertreitering. Op die maktostelselvlak is armoede, MIV en VIGS, die disintegrasie van die gesinslewe, misdaad in die gemeenskap, televisie, asook dwelm- en alkoholmisbruik as risiko-faktore geïdentifiseer. Op mesovlak is die onbekwaamheid van opvoeders en dissiplinêre strategieë as risiko-faktore bespreek. Op die mikrostelselvlak het die deelnemers leerders se regte, arrogansie, ’n gebrek aan respek vir opvoeders en die onsedelike optrede van opvoeders as risiko-faktore genoem.

Published

2010-04-30

How to Cite

de Wet, C. (2010). School Principals’ Experiences and Observations of Educator-targeted Bullying. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 187-209. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/239

Issue

Section

Artikels | Articles