Did Darwin get Over the First Hurdle?

(Lacking Evidence for the Assumed Origination of “Life”)

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Terwyl die middeleeuse en reformatoriese tradisie wel God se wet vir skepsele erken het, het die moderne nominalisme die weg gebaan vir die verontagsaming van enige orde vir of ordelikheid van die werklikheid. Die rasionalistiese implikasies van hierdie ontwikkeling het gelei tot die opvatting van Immanuel Kant dat die menslike verstand die a priori (formele) wetgewer van die natuur is. Gekombineer met die historisme het hierdie ontkenning dit vir Darwin en sy nakomelinge moontlik gemaak om lewende dinge te sien as individue wat nie tipes is of tipes het nie (Simpson). Die Darwinisme het die ander kant van hierdie munt ontgin deur klem te lê op die unieke individualiteit van lewende dinge. Weliswaar sou die vermeende ontstaan van die eerste lewende dinge een van die ernstigste probleme vir hierdie teorie daarstel. Die Oparin-Haldane hipotese, die eksperimentele toetsing daarvan deur Stanley Miller en die daaropvolgende ontwikkelinge word beoordeel tot op die punt waar Behe die hopeloosheid van hierdie hele onderming aan die lig gebring het – wat ernstig vra vir ’n erkenning van die diskontinuïteit tussen die “lewende” en die “nie-lewende”. Vervolgens is ook aandag gegee aan die klassifikasie van lewende dinge in die lig van ’n alternatiewe strukturele verstaan van die verhouding tussen die lewende en nie-lewende boustene van lewende entiteite – met die vermyding van sowel die Platoniese erfenis (die idealistiese morfologie) en die nominalistiese benadering (Darwin).

Published

2009-09-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2009). Did Darwin get Over the First Hurdle? (Lacking Evidence for the Assumed Origination of “Life”). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(3), 77-95. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/179

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>