The mystery of humankind – in the light of some background considerations

Authors

  • D. F. M. Strauss University of the Free State, South Africa

Abstract

Ten spyte van al die verwagtinge rakende “oorgangsfossiele” verteen woordig die veronderstelde(!) oorgang van “lewe” van molekule tot menslike wesens waarskynlik die grootste verleentheid in die afwesigheid van fossiele wat tot die mens sou lei. Die verdediging van ? “gebrekkige fossiel-rekord” is nie meer “steekhoudend” – soos Gould dit stel nie. Selfs een van die mees prominente figure van die New Synthesis, Ernst Mayr, moes toegee enigiets wat werklik nuut is verskyn altyd plotseling in die fossiel-rekord. In plaas van verandering karakteriseer stasis (konstansie) die paleontologiese rekord. In die besonder is die fossiel-gegewens rakende die menslike ontstaan ? groot hindernis in die ontrafeling van die misterie van die herkoms van die mens. Watson (1982) wys daarop dat dit in ? enkele koffer geplaas kan word – “with room to spare”. Die bedrogspul van die Piltdown-mens het vir ? tydlank ? optimistiese interpretasie van die Suidelike ape (die Australopithecines) as regstreek se voorgangers van die mens verhinder. Tydens die sewentigerjare van die vorige eeu, met die ontdekking van Homo habilis en die fossiel wat die registrasienommer 1470 ontvang het, het dit ge lyk asof die sukessie-prentjie soos volg daar uitsien: Australopithecus, Homo habilis, Homo erectus, Homo sapiens, met die 14 miljoenjaar-oue Kenyapithecus as waarskynlike lid van die hominidae familie. Nogtans het dit geblyk dat laasgenoemde niks meer as ? aap was nie, terwyl die toetse wat Spoor en sy vriende gedoen het aangetoon het dat Homo habilis normaalweg glad nie regop geloop het nie. Uiteindelik het die Australopithecines die wedloop verloor, want Gould het geargumenteer vir die “removal of the different members of this relatively small-brained, curiously unique genus Australopithecus into one or more parallel side lines away from a direct link with man”. Die aanhaling van Portmann aan dieeinde  van hierdie artikel belig na die een kant toe die beperkings van natuurwetenskaplike (biologiese) ondersoek, en aan die ander kant lewer dit ? pleidooi vir die erkenning van die onderskeidende perspektief van die geesteswetenskappe waarin die menslike geskiedenis, taal en tradisie ? plek vind wat nie volledig deur die biologie omvat kan word nie. Die misterie van die menslike bestaan word daarom tereg beklemtoon in sy aangehaalde uitspraak, naamlik dat “the currently accepted version of the theory [of evolution] has nothing certain to say”.

Published

2011-12-16

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2011). The mystery of humankind – in the light of some background considerations. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 47(3 - 4), 1-23. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/263

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>