Philosophy in the Context of our Time I

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof.

Abstract

Hierdie artikel bevat die eerste sistematiese reaksie op die Festschrift wat einde 2006 aan die outeur (D.F.M. Strauss) opgedra is. Dat die geskiedenis van die filosofie deurlopend in die greep was van uiteenlopende sienings van die eenheid en verskeidenheid in die skepping, het veral neerslag gevind in die ontwerpe wat verskeie filosowe daargestel het ten opsigte van die eienskappe wat in die werklikheid aangetref word. Die negatiewe kant van hierdie erfenis is daarin geleë dat dergelike pogings telkens gestrand het in een of ander vorm van reduksionisme – ’n benadering wat die  teenoorgestelde uiterste van die posisie-keuse van die reformatories-wysgerige tradisie verteenwoordig. In laasgenoemde tradisie word tewens daarna gestreef om die verskeidenheid in die werklikheid ernstig op te neem – sonder om een of ander aspek te kies in terme waarvan alle ander verklaar kan word. Hierdie ideaal van ’n nie-reduksionistiese ontologie vind allereers gestalte in die teorie van die modale aspekte van die werklikheid, nader toegespits op die verskillende samehangsmomente tussen die aspekte van die werklikheid. Met vermelding van verskeie bydraes word veral aandag geskenk aan hierdie probleem van inter-modale samehange, met besondere verwysing na die bydrae van Stafleu (oor oneindigheid en kontinuïteit) – hoewel ander outeurs se bydraes ook ter sprake kom. In die besonder word gelet op die samehang tussen getal en die rol van ’n kwalifiserende sin-kern en die plasing van kontinuïteit in hierdie inter-modale konteks.

Published

2008-01-31

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2008). Philosophy in the Context of our Time I. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(1 - 2), 1-17. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/139

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>