Health and Medicine in the Light of Philosophical Anthropology
Abstract
Die terme ‘gesondheid’ en ‘siekte’ vind allereers hul tuiste in die biotiese aspek van die werklikheid. Daarom is dit onmoontlik om ’n suiwer fisiese definisie daarvan te probeer gee. Hierdie onmoontlikheid word negatief belig deur die eensydighede wat opgesluit lê in die teengestelde oriënterings van ’n meganistiese en vitalistiese werklikheidsvisie. Vanuit ’n wysgerige totaliteitsvisie waarin die funksionele onderskeid tussen die fisiese en biotiese werklikheidsaspekte verreken word kan verskeie probleme rondom die tema van siekte en gesondheid in ’n nuwe lig gestel word (w.o. die veelkantigheid van verskillende “oomblikke van die dood” asook die erkenning van die normatiwiteit van die mens se lewe). Die laaste deel van die artikel belig enkele verskille tussen gedifferensieerde samelewings en tradisionele samelewings – waaruit onder meer blyk dat daar ’n noue band is tussen kultuur en siekte.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.