Althusius en die krisis in die Skolastieke staatsfilosofie

  • Andries Raath University of the Free State, South Africa

Abstract

Die Middeleeuse feodale samelewing vertoon ʼn gedisorganiseerde profiel van sosiale verhoudinge met die kerklike instituut as die enigste integrerende faktor van Westerse kultuur. Die feodale stelsel het ʼn noue vervlegting van godsdienstige en sekulêre instellings en owerhede opgelewer. Voorts het kerklike owerhede groot gedeeltes van die land as leengoed van konings ontvang en in talle gevalle as administrateurs van konings opgetree. In die tydperk wat Troeltsch as die kerklik-verenigde kultuur van die Middeleeue beskryf, het die hele kompleks van historiese faktore uitgemond in die feitelike heerskappy van die hiërargiese kerklike owerhede oor die hele politieke en sosiale lewe onder leiding van die Pouse. Dié kerklik-beheersde respublica Christiana het verskeie probleme opgelewer: eerstens, die kwessie van die inkorporasie van die sekulêre ordes en instellings van die Westerse samelewing in die boesem van die Westerse Kerk langs regs- en diplomatieke weë, en tweedens, intellektuele regverdiging van dié inkorporasie wat in die tipiese Rooms-Katolieke ideologie van mag uitgemond het. Die verhoudinge tussen politieke en kerklike liggame was geskoei op die lees van die Platoonse
mikro-makrokosmiese beginsels of ingevolge die Aristoteliese vormmaterie grondmotief of kombinasies daarvan. Die grondmotief van natuur en genade in die Middeleeuse sosiale en politieke teorie het die individu se integrasie in die gemeenskap deur die deel-geheel erfenis van die Platoonse en Aristoteliese politieke filosofie bepaal. Middeleeuse denkers het die deugdelikheid van enige deel van ʼn geheel-struktuur aan die hand van die geheel waarvan dit deel vorm beoordeel. Omdat mense byvoorbeeld deel van die stadstaat vorm, kan hul slegs deugdelik wees indien hulle hulself aan die staatsdoelwitte onderwerp. Voorts kon die geheel ook nie goed gestruktureer wees indien die dele daarvan nievolgens  die Middeleeus-Aristoteliese denksisteem by die geheel ingesluit was nie. Die gevolg van die Aristoteliese vertolking van die rol van die mens in die heersende politieke teorieë het noodwendig in organiese konsepsies van die staat uitgemond ingevolge waarvan die individu in die groter staatsgeheel opgeslurp is. Volgens dié organiese teorie van die staat het die kollektiewe geheel altyd voorrang bo die dele daarvan geniet en is die individu konsekwent aan die gemeenskap ondergeskik gestel. Die individu het as sodanig oor geen onafhanklike betekenis of waarde los van die geheel waarvan dit deel vorm beskik nie. Althusius se insig in die struktuurbeginsels en tipiese wette van sosiale entiteite het die weg vir nuwe benaderings tot die strukturele aard van die staat, die plig van die staat om ʼn regverdige publieke regsorde in stand te hou en die wesenlike onderskeid tussen die tipiese funksies van staats- en niestaatsentiteite en hul onderskeie soewerein-in-eie-kring kompetensies geopen.

Althusius and the crisis in Scholastic state philosophy
Medieval feudal society reflected a disorganized profile of social relationships with the Church institutions acting as the sole integrating factor of Western culture. The feudal system produced a close interlacement of spiritual and secular authority with ecclesiastical institutions holding large areas of land in fief from the kings and in many cases acting as the king’s administrators. In the period of what Troeltsch called the ecclesiastically unified culture of the Middle Ages this whole complex of historical causes had by the time of Thomas Aquinas resulted in a factual supremacy of the hierarchical ecclesiastic authority held by the Popes over the entire political and social life. This ecclesiastically controlled respublica Christiana produced various problems: firstly, the issue of incorporating the secular orderings and institutions of Western society within the bosom of the Western Church by legal and diplomatic methods, and secondly, justifying this incorporation  intellectually, and thus creating a Roman Catholic ideology of power. The relationships between political and ecclesiastical bodies were structured on either Platonian micro-macrocosmic principles or the Aristotelian form-matter ground motive or combinations of these. The ground motive of nature and grace in Medieval social and political theory approached the integration of the individual in the community from the whole-parts legacy of the Platonian and Aristotelian political philosophy. Medievalists considered the goodness of any part of society to the whole of which it forms a part. Therefore, all men being a part of the city, they cannot truly be good unless they adapt themselves to the common good. Nor can thewhole be well constituted if its parts be not properly adapted to it. The upshot of the integration of the Aristotelian understanding of man in their political theories inevitably produced the so-called organic conception of the State which invariably swallowed up the individual in the greater whole. According to this organic theory of the state the collective whole is always prior to its parts and the individual is subordinated to the community. In fact, the individual as such has no independent meaning nor value apart from the whole of which it is a part. Althusius’ insight into the structural principles and type laws of social entities opened up new approaches to the structural nature of the state, its duty to maintain a just public legal order different from the functions of non-state entities and their respective sovereign-in-own-sphere competencies.

Published
2018-08-06
How to Cite
Raath, A. (2018). Althusius en die krisis in die Skolastieke staatsfilosofie. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 54(2), 97-118. Retrieved from http://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/445
Section
Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>