Learner discipline in South African schools: The parental dimension

Authors

  • Charl Wolhuter Comparative and International Education Professor
  • Hannes van der Walt Research Unit: Education and Human Rights in Diversity (Edu-HRight) North-West University
  • NA Broer Research Unit: Education and Human Rights in Diversity (Edu-HRight) North-West University
  • Nicholus Mollo Research Unit: Education and Human Rights in Diversity (Edu-HRight) North-West University
  • K Mampane Research Unit: Education and Human Rights in Diversity (Edu-HRight) North-West University

Abstract

Leerderdissipline is ? brandpunt in Suid-Afrikaanse skole. Die saak van leerderdissipline aan skole is veelkantig en gekompliseerd, met ten minste ses dimensies of stelle faktore, te wete leerder-, onderwyser-, skool-, ouer-, samelewing- en onderwysstelselverwante faktore. Hierdie artikel doen verslag van die resultate van navorsing oor een faktor waaroor tot dusver min navorsing gedoen is, naamlik die ouerdimensie of -faktor. ? Steekproef van 402 ouers van leerders in Suid-Afrikaanse skole se menings en belewenisse rakende die stand van dissipline in ouerhuise sowel as by skole, die hantering van dissipline by skole en die rol van ouers in die bekamping van dissiplineprobleme by skole is ondersoek. Die respondente het laat blyk dat hulle die noodsaaklikheid van gesonde dissipline onder hul kinders by die huis sowel as by die skool besef. Hulle verstaan ook die rol van die ouer-skool-vennootskap en ondersteuning in hierdie verband. Die ouers het ? positiewe belewenis en evaluering van die stand van dissipline by hul huise en by die skole wat hul kinders bywoon, asook van hul rol as ouers betreffende ouer-skool-verhoudinge in hierdie verband. Wanneer hierdie bevindinge egter naas die resultate van navorsing oor die belewenis van leerders, hoofde en onderwysers, asook getuienis uit die breë samelewing, geplaas word, blyk die respondente ? vals of ongegronde gevoel van selftevredenheid te hê, wat skadelik is vir die handhawing van gesonde dissipline. Hierdie navorsing vul ? leemte met betrekking tot die vraagstuk van leerderdissipline aan skole, Suid-Afrikaanse skole in die besonder, in soverre dit die totnogtoe in die navorsing versaakte ouer-gesin-tuisomgewing dimensie belig. Die projek het die belangrikheid van opvolgnavorsing ten einde wyses waarop nie net ongegronde ouerselftevredenheid teëgegaan kan word nie, maar ook die gebrek aan dissipline van leerders tuis en op skool, benadruk.

Published

2024-01-15

How to Cite

Wolhuter, C., van der Walt, J. ., Broer, N., Mollo, N. ., & Mampane, K. (2024). Learner discipline in South African schools: The parental dimension. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 59(3&4), 123 - 146. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/980

Most read articles by the same author(s)