The parenthood dilemma in South Africa: A philosophical-pedagogical perspective
Abstract
’n Reeks onlangse verslae dui daarop dat kinders in Suid-Afrika in hulle ouerhuise blootgestel skyn te wees aan ontoereikende opvoedende sorg. Dit is vir opvoedingsfilosowe ’n bron van kommer dat, te oordeel aan die gedrag van skoolgaande kinders, ouers skynbaar nie beskik oor die nodige insig in die grondbeginsels van pedagogiese betrokkenheid by hulle eie kinders se doen en late nie. In die lig hiervan het dit nodig geword om ouers te help om die mees basiese beginsels van kinderopvoeding te kan baasraak. Hierdie artikel bied ’n moontlike oplossing vir hierdie probleem, naamlik dat onderwyser-opvoeders en ouer-opvoeders gesamentlik ’n skool-gemeenskap tot stand bring waarbinne die onderwysers leiding kan neem en die ouers van leerders help om ’n meer toepaslikie begrip op te bou van wat opvoeding in werklikheid alles behels, en van hulle vereis.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.