Did Darwin get over the Second Hurdle?

(The Problem of Constancy amidst Change)

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Allereers word die altyd-terugkerende vrae rakende eenheid en verskeidenheid in met die verskil tussen ’n strukturele en ’n genetiese perspektief in verband gebring. Op die basis van ’n kernagtige bespreking van die ontdekking van die funderingsverhouding tussen konstansie en verandering word aandag aan die teoretiese probleem van die na vore tree van nuwe aspekte gegee – byvoorbeeld soos wanneer die fisiese aspek geboorte skenk aan die biotiese aspek. Dit gee aanleiding tot ’n ontleding van die probleem van (on)herleibaarheid. In hierdie verband word dan meer omvattend rekenskap gegee van die verhouding tussen konstansie en verandering – met appèl op die relevante probleme uit die fisika. Daar word aangetoon dat, ten spyte van die klem op verandering, die Neo-Darwinisme dit nogtans nodig gevind het om ’n toevlug te neem tot twee onderliggende konstante faktore wat in kombinasie werksaam is, naamlik natuurlike seleksie en mutasie. Aandag word aan die aard en beperkings van mutasies gegee, alvorens die verhouding tussen konstansie en verandering binne die paleontologie bespreek word. Dit het geblyk dat, in stryd met die verdraaide, heersende (Neo)Darwinistiese interpretasie, die dominante tema van die fossielrekord (en daarmee derhalwe van die paleontologie) konstansie is – en nie verandering nie. Naas die erkenning van hierdie gegewe moes Neo-Darwinistiese paleontoloë sedert die 70-erjare van die 20ste eeu toegee dat evolusie tussenvorme benodig, maar dat die paleontologie nie hierdie tussenvorme oplewer nie. Op die basis van die onderskeiding tussen die modale universaliteit van die biotiese aspek en biotiese tipe-wette word aandag aan die bydrae van Schindewolf gegee, en die verstommende feit dat lewende dinge ongewysigd voortbestaan het vir miljoene en selfs biljoene jare – ’n feit wat die bioloog Thorpe daartoe beweeg het om op te merk dat die probleem van “fixity” (konstansie) soos ’n seer duim in die moderne teorie van evolusie uitsteek.

Published

2009-12-18

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2009). Did Darwin get over the Second Hurdle? (The Problem of Constancy amidst Change). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(4), 1-32. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/183

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>