Intellectual Skills Serving the Expanding Horizon of Knowledge

Authors

  • D. F. M. Strauss

Abstract

Intellektuele vaardighede gaan met skerpsinnigheid en ’n sensitiwiteit vir logiese finesse gepaard – soms vergestalt in logiese raaisels (soos in die verhaal van die Protagoras se regstudent, die paradokse van Zeno en ’n staaltjie uit Don Quichote van 1605). Hierdie artikel begin met ’n verwysing na die informele logika, wat opgevolg word met ’n oorsigtelike skets van die wyse waarop ons kennishorison verskrompel, indien reduksionistiese benaderings gevolg word. Die ervaringsbesef van menigvuldigheid en geheelheid wat deel uitmaak van ons alledaagse werklikheidservaring word drasties gekompliseer, sodra die samehang tussen hierdie twee ervaringsgegewens verantwoord moet word. Dit word allereers gedemonstreer aan die hand van Cantor se wiskundige versamelingsbegrip, waarna die eensydigheid van die teenstelling tussen atomisme en holisme in ’n verskeidenheid vakwetenskappe aan die orde gestel word. Slegs wanneer die beginsel van die uitgeslote antinomie aanvaar word, kan ons die impasse van eensydige reduksionistiese sienings te bowe kom, en word die weg tot ’n sinvolle verruiming van ons kennishorison geopen.

Published

2009-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2009). Intellectual Skills Serving the Expanding Horizon of Knowledge. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 175-189. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/169

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>