The Relevance of Science for the Protection of the Unborn

Authors

  • S. A. de Freitas
  • G. A. Myburgh

Abstract

Daar is nie altyd ooreenstemming rakende die begrensing van ’n Christelike apologetiese benadering by die teenkanting van aborsie nie, nóg bied die wetenskap ’n universele oplossing in hierdie verband. Nietemin moet ’n Christelike standpunt teen aborsie die insette van beide die biologiese en mediese wetenskap insluit as ’n weg tot opbouende, diskursiewe deelname wat deur uiteenlopende verteenwoordiging verryk moet word. Gevolglik kwalifiseer hierdie artikel die relevansie van die wetenskap vir aanwending deur ’n Christelike anti-aborsieapologetiek, en beklemtoon dit die vermoë van die wetenskap om ’n platform te voorsien vir inklusiewe debat, wat sodoende die verwagtinge van rasionaliteit en onpartydigheid sal verbeter. Deur hierdie artikel word ook argumenteer dat bevrugting ’n noodsaaklike faset van die wetenskaplike debat ter bevordering van die beskerming van die ongeborene uitmaak. Dit is veral relevant vir Suid-Afrika, waar regsvakkundige gesprekke rakende aborsie nie sy volle juridiese potensiaal bereik het nie, iets waarvan veral die kerke kennis moet neem.

Published

2009-06-30

How to Cite

de Freitas, S. A., & Myburgh, G. A. (2009). The Relevance of Science for the Protection of the Unborn. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 61-85. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/164

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)