Civic Engagement, Belief and the Scholarly Aspect in Higher Education

Authors

  • S. A. de Freitas, Prof.

Abstract

’n Problematiese ontwikkeling in kontemporêre hoër onderwys, is die lojaliteit van laasgenoemde met betrekking tot die pragmatiese en materiële. Dít het ’n invloed op die toepassing van burgerbetrokkenheid, synde een van die hoofsteunpilare (benewens onderrig en navorsing) van die missie van die universiteit te wees. Die verwagting bestaan dat burgerbetrokkenheid hoofsaaklik sosio-ekonomiese en tegnologiese rolle moet vervul, wat gevolglik afbreuk doen aan die primêre rol van die universiteit as ’n plek van (vak)kundigheid in en aan die gemeenskap. Met ander woorde, teorie en geloof, en daarom (vak)kundigheid, word verswak deur die universiteit se strewe om die samelewing in slegs ’n materiële sin op te hef. Burgerbetrokkenheid het ook ’n taak wat betref die verryking van individue en belangegroepe vanuit ’n transendentale konteks. Die universiteit het daarom ’n rol te vervul in die onderrig van die burgerlike samelewing in geloofs- en teoretiese kwessies, wat ook deel van sy missie van burgerbetrokkenheid moet vorm. Dit sal ook die relevansie van godsdiens noodsaak, en gevolglik die kerke (as ’n belangrike faset van die burgerlike samelewing) met betrekking tot die universiteit se burgerbetrokkenheid-verantwoordelikheid.

Downloads

Published

2008-06-30

Issue

Section

Artikels | Articles

How to Cite

Civic Engagement, Belief and the Scholarly Aspect in Higher Education. (2008). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(3 - 4), 1-25. https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/149

Most read articles by the same author(s)