Uniqueness and Coherence: Epistemological and Ontological Considerations

Authors

  • D. F. M. Strauss

Abstract

In die lig van die verskeidenheid wederkerig-uitsluitende ‘ismes’ in die geskiedenis van die filosofie en van die vakwetenskappe moet uiteraard teruggevra word na dit wat deur hierdie ‘ismes’ raakgesien, maar skeefgetrek is. Die belangrikste bydrae van die reformatoriese wysbegeerte tot ’n beantwoording van hierdie vraag is te vind in die implikasieryke teorie van modale aspekte. Juis omdat die aspekte in ’n onlosmaaklike samehang gevoeg is kan denkers wat God nie as Skepper erken nie maklik versand in die vergoddeliking van een of ander aspek. In hierdie artikel word allereers aandag geskenk aan die vraag hoe ’n mens tot kennis van die aspekte van die werklikheid kan kom, met verwysing na probleme in Dooyeweerd se siening van hierdie saak. Daarna word onderskei tussen modale eienskappe en die algemene struktuur van die modale aspekte, en op die basis daarvan nader ingegaan op die vraag of modale aspekte van konkrete dinge geabstraheer word en of dit uitgelig word uit die tydsamehang. In die laaste gedeelte word die kriteria vir die identifisering van aspekte aan die orde gestel en word na die sin van die estetiese aspek gekyk in die lig van die onderskeid tussen die ondefinieerbare sin-kern van ’n aspek en die wyse waarop die sin van so ’n aspek tot openbaring kom in die samehang daarvan met ander aspekte.

Published

2009-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2009). Uniqueness and Coherence: Epistemological and Ontological Considerations. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 27-43. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/162

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>