The Clash of Cultures How to Explain and Evaluate Cultural Differences from a Reformational-Christian Perspective
Abstract
Hierdie ondersoek behandel die moeilike probleem van hoe kulturele verskeidenheid verklaar en evalueer moet word. Ter inleiding word dit gemotiveer aan die hand van die huidige behoefte, asook die probleme verbonde aan ’n vergelyking van verskillende kulture. In die tweede plek volg ’n verduideliking (volgens die basiese Bybelse waarhede van skepping, sondeval en verlossing) waarom kulture so verskillend kan wees. In die derde plek stel so ’n benadering ’n mens in staat om kulture regverdig te kan beoordeel sonder om in óf kulturele etnosentrisme óf kulturele relativisme te verval. In die vierde plek word bespreek wat in ’n bepaalde kultuur as aanvaarbaar en onaanvaarbaar beskou behoort te word. Om ten slotte die praktiese waarde van so ’n interkulturele filosofiese aanpak aan te toon, word in die vyfde plek die denkwyses van tradisionele Afrika en die Weste vergelyk om aan te toon hoe veral tersiêre onderwys “geafrikaniseer” kan word.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.