The Philosophy of D.H.Th. Vollenhoven (1892 - 1978) – With Special Reference to his Historiography of Philosophy

Authors

  • B. J. van der Walt, Prof.

Abstract

Herman Dooyeweerd (1894 - 1977) en Dirk H.Th. Vollenhoven (1892 - 1978), beide jare lank verbonde aan die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland, is die grondleggers in die vorige eeu van ’n Christelikreformatoriese filosofie. Eersgenoemde geniet egter groter internasionale bekendheid. ’n Belangrike rede daarvoor is heelwaarskynlik dat Dooyeweerd se hoofwerk (De Wijsbegeerte der Wetsidee) van die dertigerjare reeds in die vyftigerjare van die vorige eeu (as A new critique of theoretical thought) in Engels vertaal en gepubliseer is en op dié wyse vir ’n breër leserspubliek toeganklik geword het. Behalwe dat Vollenhoven se geskrifte uit druk geraak het, is dit ook nie in die moderne lingua franca vertaal nie en was hulle ontoeganklik vir diegene wat nie Nederlands magtig was nie. Gelukkig is dié situasie nou besig om te verander.
Hierdie artikel wil ’n beskeie bydrae tot die eerherstel van hierdie belangrike Christelike denker – ook in Suid-Afrika – lewer deur die aandag op die volgende te vestig: (1) die literatuur wat veral sedert 1992 (by die herdenking van sy geboorte honderd jaar gelede) oor Vollenhoven se filosofie in die algemeen beskikbaar geword het, en (2) die beskikbare publikasies spesifiek oor sy probleem-historiese metode. (3) Dit word gevolg deur ’n kort, elementêre weergawe van sy probleem-historiese metode van wysgerige historiografie – om as aptytwekker vir Suid-Afrikaanse lesers te dien om hulself verder in dié besondere metode te verdiep.

Published

2006-01-31

How to Cite

van der Walt, B. J. (2006). The Philosophy of D.H.Th. Vollenhoven (1892 - 1978) – With Special Reference to his Historiography of Philosophy. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(1 - 2), 35-59. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/63

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 > >>