A Biblical perspective on the meaning of the word pharmakeia-sorcery and its implications today

Authors

  • Stephan Pretorius Researcher: Cultism Dialogue, New Zealand

Abstract

Die Griekse woord farmakeia in die Bybel word meesal vertaal as waarsêery, medisyne of dwelmiddel en die spesifieke verwysing in Openbaring 18:23 het tot gevolg gehad dat die woord en sy betekenisse direk verbind is aan die farmaseuties maatskappye wat ’n rol gespeel het in die maatreëls van en oplossing vir die Covid-19 pandemie. Die studie het die woord ondersoek asook die konteks waarin dit gebruik word en gebruike daarvan ten einde die relevansie daarvan vas te stel. Alhoewel die woord farmasie en farmaseutiese maatskappy hulle oorsprong van die woord kry kan die woord farmakeia in die Bybel nie direk met moderne farmaseutiese reuse verbind word nie. Dit beteken egter nie dat daar nie hedendaagse implisiete toespassings is van die nadelige praktyke wat geassosieer word met die woord en sy variante. Alhoewel die woord farmakeia verwys na die okkulte en heidense aanbiddingspraktyke in die Bybel en nie uitsluitlik net na farmaseutiese produkte nie, sluit dit wel dwelmmiddels en giftige narkotiese middele in. Verder was die praktyke altyd verbind met towery wat die deelnemer meer ontvanklik maak vir beïnvloeding vanuit die demoniese wêreld. Soortgelyk het die beleidmakers en invloedrykes gedurende die pandemie deur hulle kragtige media-propaganda “toorkuns” die wêreld bevolking spreekwoordelik betower en veroorsaak dat mense dwarsoor die wêreld universeel opgetree het.

 

 

Published

2024-01-15

How to Cite

Pretorius, S. . (2024). A Biblical perspective on the meaning of the word pharmakeia-sorcery and its implications today. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 59(3&4), 1 - 25. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/973