Former Pseudo-Christian cult member's reintegration into society

Authors

  • Stephan Pretorius Research Fellow: Cultism Dialogue

Abstract

Die herintegrasie van pseudo-Christelike ex-kulte lede in die samelewing is ? omvattende strewe. Hierdie artikel steun op navorsing wat gedoen is oor die impak wat kulte kultuur, gebruike en metodiek op die gedrag van kulte lede het asook die bevindinge van sielkundiges en beraders in hierdie verband. Persoonlike navorsing word ook oorweeg ten einde riglyne te bied in die herintegrasieproses van ex-kulte lede. Verskillende aspekte wat ? rol speel in hierdie proses, veral hoe die kulte se verdraaide interpretasie en toepassing van die Bybel wat die basis vorm vir die misbruik van persoonlikheid, en die waardestelsel van lede ten einde hulle in die kulte in te trek, regmatig gebruik kan word in die herintegrasieproses. Die artikel voer aan dat kulte lidmaatskap kan lei tot geestelike steurnisse gelykstaande aan verslawende steurnisse. Ten einde die reïntegrasie suksesvol te bewerkstellig is dit belangrik om te verstaan op watter areas van die mens die proseliterings en beheerstrategiee van die kulte gemik is ten einde daardie houvas te verbreek en die Christelike geloof te hervestig wat nodig is vir reïntegrasie. 

 

Published

2023-11-09

How to Cite

Pretorius, S. (2023). Former Pseudo-Christian cult member’s reintegration into society. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 59(1&2), 33 - 57. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/951