The diverted spirituality of "False Christ cults"
Abstract
Hedendaags word daar na ? persoon se geloofstelsel en geestelike uitdrukking verwys as sy/haar spiritualiteit. Spiritualiteit is ? wye term en kan baie vorme van geestelike uitdrukkings insluit. In die Christelike konteks verwys spiritualiteit na die persoon se geloofsuitdrukking gebaseer op bybelse geloof wat ? oorsprong het in ? persoonlike vertroue in en verhouding met Christus. Pseudo-Christelike groepe en in besonder Valse Christus kultusse neem aan, gebaseer op die eis van die leier dat hy “Christus” is, dat hulle spiritualiteit ook Christelik is. Hierdie studie ondersoek hierdie eis om vas te stel wat die ooreenkomste en verskille is met christelike spiritualiteit en het tot die slotsom gekom dat hierdie groepe te kort skiet deurdat die teenwoordigheid van die moderne Christus persona juis die kernaspek van geloof in die soendood van Christus van die volgelinge ontneem. Die verlossing deur Christus word vervang met die selfgemaakte godsdienstige stelsel van die hedendaagse “Christus”.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.