Is the Gloriavale Christian Community founded on the early Christian church?

Authors

  • Stephan Pretorius Research Fellow: Cultism Dialogue

Abstract

Baie is reeds geskryf oor die Gloriavale Christelike Gemeenskap in New Zealand die afgelope paar jaar. Die gemeenskap het sedert sy ontstaan in 1969 tot ? sterk selfonderhoudende besigheidsgemeenskap gegroei. Dit is veral die gemeenskap se aanspraak dat dit gebaseer is op die beginsels en praktyke van die vroeë Christelike kerk in die boek Handelinge wat onder die loep gekom het met die bekendmaking van ongeruimdhede in die gemeenskap. Dit het gelei tot die beskouing dat die gemeenskap daarop gerig is om deur ? Christelike skyn hulle volgelinge uit te buit en te misbruik. In hierdie studie is die Gloriavale gemeenskap se aanspraak dat dit op die vroeë Christelike kerk gebaseer is ondersoek deur hulle gebruike en optrede met die van die vroeë Christelike kerk te vergelyk. Die ondersoek het gelei tot die gevolgtrekking dat die gemeenskap se aanspraak nie gegrond is nie, omdat hulle in isolasie leef van die wyer gemeenskap, asook die Christelike gemeenskap wat geestelike oorsig oor hulle praktyke en lering beperk Dit het daartoe gelei dat die gemeenskap ? teelaarde geskep het vir ? onetiese en inhiberende kultuur. Die gemeenskap se eis dat hulle gegrond is op die vroeë Christelike kerk is dus nie ? juiste voorstelling nie.

 

Published

2023-11-10

How to Cite

Pretorius, S. (2023). Is the Gloriavale Christian Community founded on the early Christian church?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 59(1&2), 141 - 164. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/957